Sunday, August 21, 2016

Zuma Zoeloe kind

Zuma Zoeloe kind



en as jy was ‘n Zoeloe kind, onder Koning Dingaan
sou jy dan ook sy beeste steel en hom vertel dit het vergaan
sou jy dan sy beeste aan die boer verkoop, geldjie in jou sak insteek
en vir die koning se die boere het jou sleg verneek
deur die beeste van jou trop te steel
terwyl jy oor die geldjie in jou sakkie streel
Zuma Zoeloe-kind waar het jou mamma jou ge-vind

hoe sou jy dan na koning bees kon kyk
terwyl jy net jou goue sakkie wou ver-ryk
hoe lank sou dit wees
voor die koning jou kon lees
voor die impi sou kon sien
dat jy slegs jou eie sakkie dien
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind

hoe lank sou die goud in jou sakkie le
voor die koning dit terug wou he
hoeveel bees sou jy moes steel
om Nkandla in te deel
voor die impi jou sou vang
en jou teen die rotse oor die see laat hang
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind

sou jy in Dingaan se tyd ook moes vlug
en oor jou skouer skree dit was Jan se klug
verbanneling, van jou eie land
hier in die Zoeloe kant
sou vele vrou jou hart moes streel
terwyl jy ‘n nuwe nasie teel
Zuma Zoeloe kind waar het jou mamma jou gevind


Willie Beetge

No comments:

Post a Comment

South Africa is burning under the false leadership of the ANC and the EFF