Sunday, November 16, 2014

propaganda en die Afrikaner


Propaganda bring die Afrikaner weer tot sy knieë


Ek wys graag almal daarop dat die volgende artikel my opinie is en dat dit glad nie aan enige forum of organisasie gekoppel kan word nie. Ek is ook nie ‘n taalkundige nie, daar mag dus taalkundige foute in die artikel wees.

Voordat ek begin is dit sekerlik van kardinale belang dat ek my siening ten opsigte van rasisme aan die lig bring. Ek glo dat die Suid Afrikaanse konstitusie my sienings goed opsom, ek glo dat almal die reg het tot vrye assosiasie, dat almal die reg het tot ontwikkeling en dat rasisme nie ‘n plek in enige gemeenskap behoort te hê nie. Ek is ‘n voorstaander van vryheid van spraak, en die reg om my opinie te lig, nou as ek my opinie mag lig is dit uit die aard van die saak ook enige-ander persoon se reg om dit te doen, en ek respekteer dit. Solank ons opinies nie haatspraak en aanhitsing  tot geweld aanmoedig nie. Dit is moeilik om in vryheid te lewe as ons nie respek in berekening bring nie, dit is dus belangrik om ten alle tye ander mense se siening en geloof te respekteer, of ons met hulle saamstem al dan nie. Respekvolle benadering sal ongebalanseerde en haat uitkomste beperk, soms moet ons erken dat seker dinge sal nooit deur almal aanvaar word nie, selfs nie as ons van dieselfde kultuur  afkomstig is nie. Sekerlik sal die maklikste voorbeeld in die Afrikaanse kultuur  rugby ondersteuning wees, ons mag miskien nie dieselfde span ondersteun nie, maar dit gee ons nie die reg om die ander persoon onregmatige skade aan te doen nie. Respek en selfrespek loop hand an hand, sonder die nodige self-respek kan ek nie my medemens respekteer nie. Self-respek is kommerwekkend in Suid Afrika, ek verwys graag na sosiale media waar mense wat nie met jou saamstem nie, maar tog ‘n eiertjie wil lê, soms net woorde soos voetsek sal gebruik, ek bejammer hierdie mense aangesien dit boekdele oor hulle karakter speuk.
HEIDIGE STORM IN SA POLITIEK

Ek lig vervolgens graag my mening oor die heidige storms wat om politieke partye en organisasies woed. Ek is van mening dat politieke gebeure soms deur buite-partye beheer word, amper soos ‘n derde mag, as ek dit so mag noem.

Volgens my is dit absoluut onmoontlik dat alle deelnemers aan die Suid Afrikaanse politieke arena op dieselfde tyd inwendig begin bloei het. As ek kyk na die Politieke situasie in Suid Afrika lê ons bedeling tussen die linkse ekstremistiese velde van die Eff, wat met alle geweld hulle argiment wil ondersteun deur grondbesetting en selfs moordadige uitlating teen blankes op die voorgrond te bring, en dan aan die regterkant diegene wat Afrikaner selfbestuur en dominasie voorstaan. In die middel van hierdie groepe het ons nou politieke partye wat deur die DA en die ANC gelei word, wat op sogenaamde gesonde regering vlak die land ekonomies voort probeer stoot. Na die afgelope week se onwelvoeglike en onregeerbare gedrag in die parlement onderstreep ek graag die woord probeer met my rooi pen. Dit is egter duidelik dat die ekstremistiese partye in die parlement nie meer as so ektrimisties beskou kan word as ek na Erenst Roets se definissie kyk, wat op Twitter verskuin het nie, aangesien dit blyk of die DA en die EFF mekaar in die boksgevegte begin ondersteun het. Die publiek ondersteun op hierdie stadium enige aksie teen President Jacob Zuma, wat die politieke ektremiste nie meer volgens die definiesie ektremisties maak nie. Aangesien hulle nou deur die samelewing aanvaar word.

Die vinnige vordering wat die EFF dus nou met politieke ondersteuning van wit en swart mense in Suid Afrika gekry het, omdat hulle die president tot verantwoording roep, het onmiddelik die party inwendig laat begin bloei. ‘n Eff lid Mpumelelo Mahlabane beskuldig Julius van diktatorskap as hy [Malema] die lede vra om nie die EFF hof toe te vat nie, voortspruitend uit sensuurskap wat Julius S Malema op eie stoom teen lede ingestel het. As ek my geheue reg inspan, klink dit amper asof hy Robert Mogabe probeer [na-aap], as beide van hulle [Julius Malema en Robert Mogabe] lede wat nie met hulle saam stem nie, onder sensuur sit voor die interne verkiesings. Die bogenoemde uitlatings dui duidelik daarop dat die EFF se interne stryd, tot koning van die rooi oorpak bende tot ‘n breuk mag lei.

Dit laat die middelstroom swart, anc of verdere linkse groep ondersteuners met geen of min representasie in die parlement, wat hulle vreesbevange na die Afrikaanse musiek-feeste laat begin kyk. Die grootste vrees in die nuwe bedeling is dat die Afrikaner tot ‘n gemene doel sal begin werk en so dan samehorigheid sal bereik. Die verval van hulle[ANC en EFF] bedelings onder Jacob Zuma en Julius Malema laat hulle nou weer met groot oë na hierdie vrees kyk.

Op hierdie stadium wil ek graag my argiment terugvat na die vorige bedeling en sy ondergang. Gedurende hierdie tyd het die ANC en sy vennote tevergeefs probeer om die Republiek met militêre mag tot oorgawe te dwing. [hulle verwys wel in nuwe geskiedenis boeke na quito canaval as hulle oorwinning, dit is egter onwaar, ek was deel van die magte wat quito oorgeneem het] Hulle het wel bewys dat hulle sterkste wapen in ‘n intellegente propaganda proses gelê het. As meesters van propaganda het hulle gewys hoe hulle ‘n regering wat nie propaganda bestand was nie tot stilstand bring.

Propaganda
Volgens my het hulle  nou weer na hulle propaganda wapen begin kyk om die Afrikaner tot ‘n moontlike verdeling te bring. Ek gaan probeer om dit met die volgende te staaf, kom ons kyk na die gebeure van die afgelope paar maande. Al die aandag van Suid Afrika en die wêreld word op die Afrikaner gefokus, toe Malema in ‘n Steers inloop en handgemeen raak met ‘n blanke man. Die ophutsing wat daaruit voortspruit word wêreld wyd op twitter gevolg, en almal vra vrae, wat woorde van rasisme, onderdrukking en boere, bevat. Die plan is definitief nie deur Malema van stapel gestuur nie, hy was volgens my net ‘n skaakstuk wat geskuif is. Die vraag wat happerend aan my bly knou het was, wat het ‘n lid van die parlement so laat in die nag voor  Steers gedoen? My ondersoek vermoeë kon nie hierdie vraag beantwoord nie, net soos wat ek nooit kon vind of(go Figure) wat lede van die ANC en Swapo probeer verrig het deur die vrye verkiesings in Suid Wes Afrika [Namibië] teen te staan nie. Ek verwys na SWAPO wat uit die onderhandelings geloop het en gesê het dat hulle Suid Wes met geweld sal vat. Hierdie aksie het dan ook tot die wel bekende “Rubicon toespraak”van PW Botha gelei. As ons mooi dink het dit die wêreld opinie van ons leiers weereens op die voorgrond geplaas, en die geleentheid geskep om hulle in 'n slegte lig uit te beeld.

Om terug te keer na die hede: Na hierdie aksie het Steve Hoffmeyer ‘n redelike stelling op twitter gemaak, ons het almal die ongelooflike reaksie op hierdie stelling gesien. Weereens my persoonlike opinie is dat die rasistiese deel van die stelling was (Go Figure) aangesien die grootste persentasie van die bevolking nie by magte is om dit te doen nie. Nou volgens my as Steve hierdie stelling ses maande terug gemaak het, terwyl die mombakkie regering nog in volle beheer was, sou hy net ‘n paar wenkbroue laat lig het, en met ‘n ligte tik op die vingers sonder enige verlies kon voortgaan. Kom ons wees eerlik Steve het al veel erger dinge as (Go Figure) gesê. Dit was so erg dat selfs die poppe begin dans het, en mense buikspraak moes doen om deur hulle nekke te praat. Borge was onmiddelik geïntimideer om hulle konstititionele reg van vryheid van assosiasie te verloor. Nou sou dit ses maande terug gebeur het? Die situasie het egter nie die vasbeslote Afrikaner gebreuk nie. Toe wonder bo wonder maak ‘n televisie opname sy verskyning uit die duistere argiewe, die opname is gedurende die wêreld beker gemaak, en verkyn slegs wanneer die politieke klimaat in Suid Afrika op sy laagste is. Hulle[die argitekte van die propaganda] het goed geweet dat AfriForum se nie rasistiese konstitusie hulle sal dwing om ‘n uitspraak oor die opnames te maak, en dat dit ‘n wig tussen die Afrikaners sal indryf. Kom ons kyk gou na die posisie wat die verskeie betrokkenes hulle nou in bevind het.

AfriForum het homself ten doel gestel om vir die regte van die Afrikaner te baklei deur gebruik te maak van konstitutionele wette. Om hierdie pad te volg is dit nodig om ‘n eie konsitusie te hê wat nie teen die land se konstitusie indryf nie. Met hierdie aanslag bereik hulle vele welslae veral op munisipale gebiede, waar hulle verseker dat veiligheid, omgewingsake en regering bestuur tot verantwoording geroep word. Hulle stel ook beveiliging van plaasgemeenskappe op, en bemagtig die boere om meer effektief te kommunikeur. Met die vrystelling van die afgestofte opname is hulle konstitusie dadelik onder druk, en vereis dit dat hulle ‘n verklaring moet maak.

Aan die anderkant sit Dr Dan Roodt wat nou, weens die verklaring moet reageer, en hy maak gebruik van twitter om teen te kap. Dit lei tot ‘n Afrikaner split, diegene wat Dan Roodt volg en diegene wat Erns Roets volg.  Die reklame dirigente het hulle doel bereik en weereens swig die Afrikaner se samehorigheid onder ‘n goed gedirekteurde propaganda aanslag.

 

Solank as wat ons[afrikaners]  nie propaganda bestand is nie, sal ons samehorigheid onder groot druk bly, en sal die ANC en die wêreld ons aan ons neuse bly rondlei.

Ek stel dus voor dat Dan Roodt die oorsponklike opnames met ‘n hofbevel bekom om te wys dat die beweerde direksie van die opnames die bedoeling verander het, om sodoende die propaganda aanslag af te weer. Ons [die afrikaner] het dit tot dusver nooit in die verlede dit reggekry om as een ons stem te laat hoor nie, sal hierdie die eerste keur wees?

Die Afrikaner se stryd is nie so seer teen die ander kleurige mense in Suid Afrika nie, die stryd is meer ‘n magstryd oor, wie sal die viool speel en wie sal moet dans, as hierdie stryd uit die weg geruim word sal ons na die werklike probleme kan begin kyk. Die werklike probleme, volgens my, is misdaad, plaas moorde en die behoud van ons kultuur, wat deur die konstitusie beskerm word, indien dit tot stand bly. Die ander is natuurlik eiendoms reg wat ook onder druk verkeer, daar is die historiese benadering en die reg om eiendom te handel. Ek sal graag kortliks na my siening kyk oor eiendom in Suid Afrika. Lank voor apartheid in Suid Afrika ontstaan het was daar reeds handel met eiendom tussen wit en swart bewoners, sommige van hierdie eiendomme het verhandel voor die eerste oorloë in die land. Volgens my kan hierdie eiendomme nie aan herverdeling onderworpe wees nie, aangesien dit met geregmaatige handel bekom is. Ons kan op die onderwerp voortgaan en elke stukkie eiendom onderhewig stel aan handel, geregmaatige proklimasie en dan ook onder verwydering onder dwang. Eiendoms verwydering onder dwang is nie net swartes wat oneien is nie maar ook wit boere. ‘n Voorbeeld sal my familie wees, ons het eiendom van ‘n swart man net buite Johannesburg gekoop, hierdie eiendom is later geproklameer om deel van vandag se Soweto te word. Die regering het ons wel vergoed, maar die geld was nie genoeg om ‘n ander plaas te koop nie.

 

As ek nou na die gebeure van die afgelope maande kyk, wonder ek net of die reklame aanslag deur die ANC of selfs enige ander Suid Afrikaanse organisasie van stapel gestuur was, en of daar buitelandse of derde mag invloede betrokke was. Ons moet in gedagte hou dat Suid Afrika baie strategies in die wêreld lê, en die beheer daarvan kan vir sommiges krities weet, indien so ‘n aanslag deel speel sal dit wenslik wees dat alle regering institusies totniet gaan, maar ook dat die Afrikaner dit nie weer oorvat nie. Net ‘n gedagte ek het geen stawing nie.

 

Ter afsluiting wil ek almal graag daarop wys dat samehorigheid nie goedkoop is nie, sommige mense sal hulle posisies of gedroomde posisies moet prysgee. Kom ons behou ons kultuur, behou ons geloof, leef en laat leef. Behou die reg om ons posisie te verdedig los die onbenullige stryd en bou weerstand teen propaganda. Dit mag net die resep vir selfbehoud en toekomstige ontwikkeling wees.
 
Neem gerus deel aan die gesprek, laat my weet hoe jy dit sien

 

 

 

Willie Beetge

Aanhalings

[Go Figure]   steve hoffmeyer

No comments:

Post a Comment

South Africa is burning under the false leadership of the ANC and the EFF