Monday, November 17, 2014

Die rooi gevaar


Die rooi poppemeesters

Alle leierskap is nou verbind aan die opinie van hulle volgelinge, as hierdie leier dus nie die volgelinge se opinie kan verander nie, kan dit lei tot ‘n poppekas demokrassie. Waar die leiers die volgelinge volg en slegs in naam die leiers is. Dit kan dan met ‘n poppekas vergelyk ward, waar die volgelinge die toutjies trek en die leiers die danse dans.

Op die heidige stadium is dit die situasie in ons parlement, waar die ANC poog om nie die poppe te word nie, sonder die nodige kundigheid om hulle stembus-onderdane van hulle aksies te oorreed. Aangesien die gevolg [stemmers] nie ten volle die president en sy leë beloftes ondersteun nie, is sy enigste ondersteuning te vinde in die parlementêre poppe wat toutjie gehoorsaam sy wense volg. Sy aanspraak op moontlike “Mogabi”styl diktatorskap word onderdruk deur sy gebrek aan leierskap, die president is die hele tyd besig om die kar voor die perde in te span. Hy implimenteer sy siening sonder om sy onderdane met goed beplande propaganda te oorreed dat dit die regte bestel is. Die rede is glad nie weens ‘n gebrek aan propaganda, kennis,wat die voormalige Russiese magsblok hulle goed geleer het, nie, dit is eerder sy selfsig wat die wiele van sy eie beplanning laat afval. Jacob Zuma verstaan nie dat volgelinge nie noodwendig in sy welstand belangstel nie, maar eerder in hulle eie. Hoe is dit moontlik dat ‘n gesoute Propaganda meester soos die ANC nie sy volgelinge kan oorreed om hulle blindeliks te volg nie. Dit is my opinie dat die ANC te veel selfvertroue opgebou het, en nou hulle self in ‘n situasie bevind waar hulle die grenslyn eens te veel getoets het. Die mombakkie van vryheidsvegter  en die uitwissing van armmoede het afgegly en plek gemaak vir selfveryking en selfsugtige beheer van staads fondse. Terwyl hulle kiesers in lang rye staan om beloofte huise te ontvang, bou Jacob vir hom ‘n paleis met dieselfde belasting geld wat gebruik moet word vir landelike ontwikkeling[armmoede regstelling]. Vandat die mombakkie van sy gesig afgegly het is hy so skaars soos geregtelike vervolging van parlementêre korrupsie. Ons moet dan ook hier in gedagte hou dat korrupsie is volgens Jacob ‘n westerse woord en nie van pas op Afrika leiers nie. Dit laat my wonder of hy ingedagte hou dat KFC ook ‘n westerse dus is, en dat dit dan ook nie op enige Afrika leier van toepassing kan wees nie. Hopenlik is toilet papier nie van westerse afkoms nie.

My gedagtes gaan onwillekeurig terug na sy vingertaal tolk wat op sy eie missie Jacob se toespraak aan die wêreld vertaal, ek het altyd gewonder of regstellende aksie nie dalk vereis het dat die tolk ten minste doof moes wees om die werk te kry nie. Of was dit dalk ‘n kwessie dat sy vingers nog KFC taai was en dus nie so vlugtig die regte woorde kon uitspel nie. Dit het blykbaar nou weer na vore gekom toe die ANC met taai vingers, of moet ek eerder sê lang vingers, gesit en kyk het hoe die parlement en demokrassie in hoendersop verander.  Geskok het hulle besef dat hulle nie in beheer is nie, die skok was so groot dat selfs die “straatmeid”uit sommige van hulle na vore gekom het.  Die DA en EFF het inderhaas na die aansoekvorms gaan kyk om vir palementêre lidmaatskap in die partye aansoek te doen, en by laat voeg dat Mix Martial Arts ‘n voorkeur aan die aansoeker sal gee. Die ANC sal gewis die straat geveg wen as dit uitbreuk aangesien hulle meer mans en “straatmeide”as enige van die ander partye het. Miskien sal ons hulle van rasisme kan aankla as hulle die wit en anderkleurige parlements lede voor die voet aanrand.

Wel om terug te kom na Jacob se verwerping van westerse invloed, het ek gewonder of hy al die westerse verbetering aan sy Nkandla paleis dan gaan teruggee, of sal ons weer moet getuig van die dubble standaarde wat in oorvloed die verykte ANC aan die gang hou. Dieselfde verskynsel steek sy kop uit in die EFF as Julius in die selfde assem sy liefde vir die Afrikaner asook sy drang om die boer van sy plase te verdryf uiter. Sy houtwerk onderwyser moes hom sekerlik geleer het dat jy nie ‘n plank langer kan saag nie, of is dit dalk die rede dat hy die vak toe gedruip het.

   Dit lyk dan ook nou of Zuma sy bril nie gou weer nodig gaan kry nie, aangesien die DA duidelik gesê het dat hulle nie sy staatsrede sal duld nie. Jacob moet sekerlik redelik verlig voel, dat hy nie weer die klein lettertjies op die baie wit papiere sal hoef te lees nie.
Die vraag is of Jacob dan dalk ook toutjies om sy gewrigte en voete het? Is hy ook deel van die poppekas? Is die val van die demokrasie beplan? Wel hiedie vrae word baie interesant as ons kyk na die hernude belangstelling van die Russe in Suid Afrika, die moontlike ontwikkeling van kernkrag aanlegte. Het hulle dalk die poppemeester geword? Die invloed wat sy oë op die suider punt van Afrika rig, soos wat hulle in die apartheidera gedoen het [die rooi gevaar], die moontlike derde mag. Het hulle dan nie die ANC geleer om propaganda effektief te wees nie? As enige van hierdie vraende stellings waar is, het ons te doen met ‘n hernuwing in die Oosterse magsvertoning. Die herlewing van kommunisme, die onderliggende invloed tot die Cosato skeur. Ek vra maar net, en as Steve my sal toelaat sê ek graag [Go Figure]

 

Lewer gerus kommentaar met U siening

No comments:

Post a Comment

South Africa is burning under the false leadership of the ANC and the EFF