Sunday, November 9, 2014

Aanslag op afrikaanse kunste


Dubbele standaarde teen Afrikaans

Vrae wat happerend in die lug bly hang is sekerlik die kwesie van eensydige aanslae deur skrywers wat soos wafferse taalkundige joernaliste hulle sê, sê op Twitter en die sosiale media. Die gebrek aan ondersoekende joernaliste wat eerder ‘n storie sal “google” voor hulle dit sal ondersoek, kan seker toegeskryf word aan ‘n gebrek aan ordentelike kommunikasie op skoolvlak, en dan ook aan die wil om die waarheid na vore te bring. Daar is deesdae veels te veel klem op die populariteit van sogenaamde skrywers, insluitend joernaliste, teenoor die vraag vir akkurate verslaggewing. Dit is veel beter om ‘n paar honderd “retweets”op twitter te kry as om absoluut geignoreer te word, blykend uit die reaksie wat Steve Hofmeyer en Gareth Cliff op “tweets”ontvang het. Die kenmerkende Suid Afrikaanse humor het verval en humor word nou met woorde soos diskriminasie en rasisme vervang. Ek kan die tyd onthou waar ons as Suid Afrikaners elke tragedie met ‘n grappie afgelag het, om sodoende nie op die onderwerp te dwaal nie, maar ‘n pad vorentoe te vind Dit was die tyd van sogenaamde “nie-vryheid”van spraak nie. Na die vrye verkiesings en die sogenaamde vryheid van spraak het die prentjie egter totaal verander en word borge en geldelike ondersteuning  eerder aangeval, dit gee my die indruk dat vryheid van spraak nou selfs meer beperk geraak het. Amper sê ek “go figure”maar dit sal sekerlik nie ‘n goeie voorstel wees nie, aangesien ons bevolking blykbaar  nie die vermoë het om so ‘n komplekse aksie in werking te stel nie. Dit sal my dus dwing om met ‘n pynvolle woordskommel my siening te probeer verduidelik.

Dit is veblywend om te sien dat mense op hierdie “tweets” reageer en hulle siening lig, dit gee ons almal die valse gemoedsrus dat ons nog kan sê wat ons wil, sonder om die persoon met wie jy nie saamstem met ongeskikte taal, nie net tot veranwoording, maar ook tot ekonomiese verantwoording te roep nie. Die EFF het ons, met verwysing na Julius Malema, daarop gewys dat die “swart mense nie ongeletterd is nie, en dat dit boer steriotiepe gedrag is om dit te aanvaar.” Ek moet dus dan tot die volgende gevolgtrekking kom, dat die swak taalgebruik net gebruik word om haat voort te dryf, en dan nie weens ‘n gebrek van woordeskat is nie. Verstaan my egter baie duidelik ek  het geen probleem met mense wat hulle sê, sê nie, al doen hulle dit vloekend maar sonder haat aanwakkering . Wat ek glad nie kan verstaan nie is diegene wat probeer om mense se sienings  te verswelg deur dit te benaam en dan voor borge se deure te gooi nie. Duidelik is hierdie mense of apartheid voorstaanders met die sogenaamde beperkings op vrye spraak, en dan ook moontlik een van die moontlike argitekte van apartheid, of heeltemal ongeletterd en verstaan nie die gevolge van sulke aksies nie. Ek praat  geensins van die finansieele implikasies nie, maar van die beperking op vryheid, ‘n sogenaamd apartheid doel, wat deur hierdie mense voortgedryf word. Ek moet dan ook sekerlik in gedagte hou dat spreukwoorde soms die waarheid bevat, en as jy deur jou nek lieg kan dit na buikspraak verwys.

Ons vryheid van spraak het dan nou beperkinge buiten haatspraak en gevaarlike aanwakkering, ons mag enige iets vra solank dit nie met moontlike wanbestuuring van belasting geld te doen het nie. Hierdie stand van die regering is duidelik as hulle Gareth Cliff hard aanspreuk om hy vra, wie betaal.

Dit word dan ook gestaaf as die preident wyer om terug te keer parlement toe, omdat daar vrae oor wanbeteding van belasting geld gevra word. Hulle gaan sover om diegene wat sulke vrae vra uit die parlement te skop.

Die pragtige konstitusie van Suid Afrika wat die regte van vryheid van spraak en assosiasie aanmoedig blyk dan vertolk te word as “window dressing” en ‘n ongevolgde ruglyn.

Die konstitusionele oorbrugging word duidelik bewys as firmas eerder onkonsititusionele gedrag borg, as om die konstititionele gedrag van vryheid van spraak te ondersteun. Die ruggraatlose firmas word maklik geïntimideer deur woorde wat onderandere “rasisme”of “diskriminasie bevat, en so word hulle vryheid tot assosiasie verswelg. Intimidasie is vir my veel erger as om ‘n aanstootlike stelling te maak, aangesien intimidasie nie net konstitusie verband dra nie maar ook in persoonswette en arbeidswette opgeneem is. Intimidasie kan dus tot ‘n kriminele baadjie aantrek in die regte situasie.

Die aanslag teen Afrikaans is ‘n verbergte aanslag, ons moet ons oë oophou, dinge soos Godsdiens op skole, rugby, musiek en letterkunde, is die dinge wat ons bind, en dit insigself hou ‘n groot bedreiging vir die “geletterde”president en sy gebaadjiede gedaste volgelinge in. Daar is een sin in die stem wat deur hulle murg sny, “ons sal lewe, ons sal sterwe......” Sing dit dus uit volle bors met trots. Hou jou kop hoog en ondersteun Afrikaanse besighede.
 
Lewer gerus kommentaar

 

Willie Beetge

 

 

No comments:

Post a Comment

South Africa is burning under the false leadership of the ANC and the EFF